’n Leeromgewing waarin elke kind se unieke leerpad ontdek en ondersteun word.

Wat is die Reggio Emilia benadering?

Die Reggio Emilia-benadering is ’n internasionaal erkende manier van onderrig wat jong kinders sien as nuuskierig, kreatief, vol potensiaal en in staat om aktief te leer. Hierdie benadering het in Italië ontstaan, maar word vandag wêreldwyd gebruik in skole wat kinders as medeskepper van hul eie leer sien.

By Regio Centurion gebruik ons hierdie benadering om leer op ’n natuurlike en betekenisvolle manier te ondersteun. Kinders leer deur te verken, speel, vrae vra en ontdek — nie net deur te sit en luister nie.

Ons fokus is op:

Leerdergesentreerd

Leerdergesentreerd

Met ‘n leerder gesentreerde benadering, fokus ons om met elke leergeleentheid die individu se unieke behoeftes en potensiaal raak te sien en in ons lesse te inkorporeer. ‘n Sentrale fokus op die kind, bemagtig hom/haar as individu om ‘n stem te hê in die inhoud, sowel as gedurende die leerproses. Dit verseker dat hul elke ervaring sinvol vind en die aktiwiteite geniet.

Rol van die omgewing

Rol van die omgewing

Die fisiese omgewing waarin die kind beweeg staan sentraal in die Reggio Emilia manier van doen. Leerders word toegelaat om hul belangstellings te verken en buite die klaskamer te leer. ‘n Oop omgewing vir leer skep buigbaarheid, wat die onderwysers ruimte gee om meer op individuele behoeftes te fokus. Die moontlikhede is eindeloos wanneer jy jou deur oop maak vir verkenning en die opvoedkundige krag van spel ontdek. Die skool omgewing word gesien as die derde onderwyser en die kind leer selfs wanneer die onderwyser slegs fasiliteer.

Ouers as vennote

Ouers as vennote

Die kern van die Reggio Emilia filosofie is die oortuiging dat dit verhoudings wat tussen die kind en onderwyser, kind en die wêreld, kind en die ouer, kind en mede leerders en tussen die ouer en opvoeder gebou word, noodsaaklik is vir die leer proses. ‘n Oop lyn van kommunikasie verseker ‘n sterk en veilige ondersteunings netwerk. By Regio word die kind gesien, gehoor en met ons hele harte na geluister.

Familiedae is ‘n essensiele bousteen in hierdie ondersteuningsnetwerk. 

Dokumentering

Dokumentering

Om ‘n kind se dink en leer proses te dokumenteer is ‘n belangrike stap in die ontwikkelings proses. Hierdie dokumenteering ontlok ‘n nuuskierige kommunikasie atmosfeer wat selfvertroue en die kind se stem verwelkom. Nuwe ervarings en konsepte kan dan makliker bekendgestel word, omdat die kind ten volle deel is van die leerproses. Elke kind kan hul vordering tydens dokumentering waarneem, wat verdere groei aanmoedig.

Honderd tale

Honderd tale

Kinders het baie verskillende maniere om tekommunikeer, leer en ontdek. Regio onderwysers luister, reageer en help leerders om hul 100 tale en veelvuldige intellegensies te gebruik. Om deur middel van probleemopslossings en kreatiewe – en logiese denke hulself en dit wat hul ontdek / geleer het uit te beeld. Die fokus om ‘n leerder se 100 tale in ‘n leeromgewing te inkorporeer bemagtig nie net die onderwyser om behoeftes, gedagtes, belangstellings, ens raak te sien nie, maar dit bemagtig die leerder om met ‘n positiewe selfbeeld en sterk selfvertroue elke aktiwiteit, les en dag aan te pak.

Omgee

Omgee

Omgee vir sy gemeenskap was een van Loris Malaguzzi se sterk eienskappe. Om ‘n kind se kennis van die omgewing (die derde onderwyser) te verbreed vorm deel van ons bestaan. ‘n Kwartaalikse omgee projek verseker dat ons die kinders kan help om ‘n dieper kennis oor hul omgewing te kweek. Ons vat hande met organisasies wat minderbevooregtes help, diere koester en op spesifieke temas fokus. Organisasies soos Woodrock, Hanna foundation, SALF, Solidatiteit helpende hand en nog vele meer vorm deel van hierdie uitreikings program. Hierdie projek bemoedig kinders om hul omgewing beter te verstaan en ‘n dieper kennis rondom die wêreld op te doen.

Volg die kind

Volg die kind

Leer deur speel en projek gebasseerde assesserings is ‘n groot fokus by Regio. Om elke kind in sy holistiese self te onderrig is dus van kardinale belang. Wanneer ons ‘n kind se holistiese self met sy 100 tale in ag neem, bemagtig dit ons om te besef dat elke leerder een of ander tyd by die wenpaal uitkom. By Regio bemagtig ons leerders om hul eie pad in die woud te skep met die wete dat die onderwyser en ouers hul deur elke stap in die proses sal ondersteun.

By Regio glo ons dat leer ’n reis is en nie ’n wedren nie. Elke kind beweeg teen sy of haar eie pas, en daarom volg ons die kind se belangstelling eerder as om almal deur dieselfde roete te dwing. Wanneer kinders die ruimte kry om vrae te vra, antwoorde te soek en selfs foute te maak, groei hul selfvertroue en word hulle aktiewe deelnemers aan hul eie leerproses. Om die kind te volg, beteken om hul stem ernstig op te neem en hul idees in die klaspraktyk te gebruik. Só ervaar hulle dat hul bydraes waardevol is en dat hulle werklik gesien en gehoor word. Hierdie benadering maak leer betekenisvol omdat dit op nuuskierigheid en belangstelling gebou is. Wanneer kinders ervaar dat hulle as medeskepper van kennis erken word, ontwikkel hulle nie net kreatiwiteit en kritiese denke nie, maar ook die veerkragtigheid en probleemoplossingsvaardighede wat hulle vir die lewe voorbereid.

“All of this is a great forest. Inside the forest is the child. The forest is beautiful, fascinating, green, and full of hopes; there are no paths. Although it isn’t easy, we have to make our own paths, as teachers and children and families, in the forest. Sometimes we find ourselves together within the forest, sometimes we may get lost from each other, sometimes we’ll greet each other from far away across the forest; but its living together in this forest that is important. And this living together is not easy.”

– Loris Malaguzzi, Your Image of the Child: Where Teaching Begins (https://reggiocoza.files.wordpress.com/2016/06/malaguzzi_ccie_1994.pdf) (June 1993)