Our Team / Ons span

Estie Munro
My passie in die lewe is kuns en kinders en ek het baie deernis en begrip vir die ontwikkelende breine wat nou maar net nie soos die massa sin wil wees nie. Vir die kinders wat eendag die wêreld gaan verander omdat hulle net nie in die blokkies wil bly waar die samelewing hulle wil in forseer nie.
Ek glo dat kunsgeskiedenis, kunsterapie, musiekgeskiedenis, musiekwaardering en musiekteorie op ‘n dieper vlak karakter in kinders in bou (bo en behalwe die wiskundige en geletterdheids waarde) en ongelooflik belangrik in hulle lewens is. By Regio leer en doen ons van al die lekker dinge in oorvloed.  Verder glo ek dat een van die beste vaardighede wat ‘n mens kan aanleer openbare redevoering is {‘public speaking’} en dat dit iets is wat jy ooral in die lewe kan gebruik en met jou saamdra, waar jy ook al gaan.  Daarom gaan ek (as Afrikaanse onderwyseres vir graad 4,5 en 6) hierdie jaar my jare lange redenaars en debats ervaring inspan om die vaardigheid by die Regio leerders onder die soeklig te plaas.
Joanie du Plessis
Ek is Joanie du Plessis (graad 3 Juffrou) en is getroud en het n dogtertjie wat my baie besig hou.
Ek het onderwys gestudeer, omdat ek lief is vir kinders en hou daarvan om interaksie met die leerders te hê en die effek van my interaksie met hul waar te neem en hoe hul dink en redeneer. My passie by regio skool is om die leerder se volle potensiaal te ontwikkel en te sien hoe die leerder vorder. Ek hou daarvan om nie so erg gestruktireerd te werk nie en om elke dag nuwe uitdagings aan te pak. Dit is lekker om te sien hoe die leerders met die opdragte wat gegee word, dit hul eie te maak en met  nuwe idees vorendag te kom. Om by regio skool te gee is nooit ‘n vervelige dag nie.
Christa Weidemann

Regio is nie net nog ‘n skool nie. Hier blom kinders en my taak is om te help om hulle vlerke sterk genoeg te maak om hoog en ver te vlieg. Regio bied my ook die atmosfeer waar ek uitgedaag word en ek nog elke dag iets nuuts kan leer.

Lourentta Barnard
Ek is Lourentta Barnard, ma van drie wonderlike kinders; ‘n dogter in die hoërskool en twee seuns, albei ook in Regio.

Waarom Regio?

Na twintig jaar in die onderwys weet ek dat elke kind ‘n unieke individuele wese is. Elke kind beskik oor talente en potensiaal om ‘n begaafde leerder te wees.

My rol as opvoeder is om hierdie leerders te begelei en voor te berei tot behoorlike volwassenheid. m.a.w. om hom of haarself in die lewe daar buite in te stuur as ‘n unieke en waardige persoon. Dit beteken ook dat hy of sy die reg en vryheid het om verantwoordelike keuses of besluite te neem.