Testamonials

Ek het ‘n wonderlike dogtertjie met ‘n uitstekende skerp humorsin wat net nie kon aanpas in  hoofstroom skole nie, ten spyte van verskeie aanpassings wat ons gemaak het, asook 2 jaar  se terapie wat sy ondergaan het om haar IK te verbeter.

Ek self is gekwalifiseer as ‘n “Adult Outcomes Based Learning Practitioner”, en kon net nie sekere aspekte van konvensionele skole begryp nie. Party dae het dit net my kind se moed gebreek.  As 8-jarige meisie in hoofstroom skole is sy ook geboelie op emosionele en fisiese vlak

Ek het begin soek na ander opsies, skole gaan sien en rond gebel, en met genade ‘n jaar later deur ‘n vriendin van Regio Laerskool gehoor. Die skoolhoof was baie vriendelik en het my kind genooi om vir die dag deur te kom en saam hulle te spandeer om te kyk of sy sal inpas en daarvan sal hou. Daarna is sy ingeskryf en ons was nog nie 1 dag spyt nie!

Regio Laerskool volg ‘n wonderlike filosofie en my kind floreer! Sy is baie gelukkig. Binne 6 maande kon ons ‘n groot verskil in haar optrede sien. Sy was baie rustiger en het weer begin praat oor dingetjies wat haar pla.

Sy was voorheen ‘n kind wat elke verskoning in die boek gesoek het om tuis te bly of saam met Mamma werk toe te gaan, en hierdie jaar het sy gesmeek ons moet asseblief nie weggaan en haar uit die skool hou nie; sy wil graag 100% bywoning hê!

Dankie Regio Laerskool vir julle wonderlike ondersteuning! Dankie dat ons direkte toegang tot die onderwysers het wat na ons en ons kinders luister, en hulle so mooi reghelp waar hulle verkeerd gaan.  Dankie dat julle nie boelies toelaat nie, en die kinders mooi leer van reg en verkeerd en hoe om self planne te maak, en om nie op te gee as hulle sukkel of nie iets regkry nie. Julle help ons om selfstandige kinders groot te maak.

Hannelie Herbst